
The story of Tanya Fourie
- from Johannesburg, South Africa (in Afrikaans)
Waar begin mens met jou verhaal? Seker reg by die begin. Pappa Stephan is op 25 gediagnoseer met kanker. Na vele sessies chemoterapie besef ons eers dat ons kanse vir n babatjie baie skraal is....... Ons is gebreek. Maar die Here het n ander plan. Net ses maande na pappa se chemo is ek swanger! Wat n wonderwerk!
Min het Ons geweet wat op Ons wag. Die eerste kleinkind in Ons altwee se families. Jy was n woelwater. Jyt ons almal om jou klein pinkie gedraai! Almal moes saam speel, saam leer tel, saam skool toe die eerste dag, en saam skree langs die sportveld.
Jy het harte gesteel! Jou onselfsugtige geaardheid het mens aangetrek, jou glimlag het almal se dag gemaak. Jy was lief vir al wat n diertjie (selfs insekte) was. 'n Buite natuur kind. Jou liefde vir jou kleinsus Mila - kan woorde nie beskryf nie.
Toe kom daai dag...Die dag wat niemand wil onthou nie. 'n Gesonde kind wat n hart stilstand gehad het. Drie keer het daai hartjie gaan staan. Oor n tydperk van 10 dae het Ons jou Hospitàal bed nooit verlaat nie- net gehoop en bid!
Die Here het jou plek voor berei, en jou kom haal op 27 September 2016. Jou laaste onselfsugtige daad was jou organe wat jy geskenk het. 7 Mense se lewens is gered, hulle familie hoef nie Die pyn te ervaar wat Ons daagliks ervaar nie. Jy is hulle heldin!
Tot Ons mekaar weer sien in Die hemel.... sal jy my hartklop en my asem bly. Jou plek op aarde is leeg- maar jy leef voort in Ons harte, pragtige liefdevolle Talia
Mamma